Free Advertising Online
Advertise your Business
Professional Singer / Professionele Sanger
South Africa - South Africa
n Nuwe ster het ontluik en Afrikaanse musiek liefhebbers sal juig oor dié fonds. Ja buiten dat Marinha n treffende stem het is sy boonop ‘n briljante liedjieskrywer wat self verantwoordelik was vir al dertien kraakvars liedjies op haar jongste album Eggos.

Marinha het reeds deur en deur haar skoolgeld in die musiekbedryf betaal en wanneer n mens na Eggos luister besef jy gou dat jy glad nie met ‘n amateur te make het nie.

As skolier het sy sangonderrig by die ikoon Annelie van Rooyen gehad en Marinha het gereeld in kerke gaan optree. Later het sy by die groep Wazzup aangesluit waar sy as die hoofsanger gesing het en hulle in 2000 n kontrak losgeslaan om vir ses maande in Macou in die Ooste te gaan sing. Dáár het sy waardevolle ondervinding opgedoen.

Toé al het Marinha se droom begin om voltyds in haar eie land en taal te kan sing. Gelukkig het haar talent gesorg dat dinge vinnig vir haar begin reg loop en sy het spoedig die verhoog begin deel saam met ander gróót name soos Eden, Robbie Wessels, Campbells, Rina Hugo, Jannie Moolman, Nadine Blom, Sonja Heroldt, Rudi Muller, Andre G, Piet van wyk de Vries, Andre uit die Heupe ens... by musiek en kunstefeeste soos KKNK, Aardklop, Innibos, Volksblad Kunstefees, Klipdrift Afrikaans Musiekfees 6, Rittelfees ens......

Marinha se debuutalbum is in Junie 2005 bekendgestel en sedertdien speel RSG weekliks van haar liedjies. Sy sing deesdae voltyds en is vinnig besig om die sukses leër te klim. Hoe dan nou anders? Musiek was en is nog altyd haar héél grootste passie.




Recommend Ad:
Like this Page:
Contact Person:
Telephone Nr:
+27792201694
Email Address:
Ad Category:
Advertising Stats:
Province:
Website Address:
Report this Ad:
  
My Products / Services
No Products / Services listed
Business Owner's Profile
No Profile Saved

Ad Comments / Contact Us
Post a Comment
Email Address

No Ad Comments Found
www.Boostasite.com "Free Advertising Online"